Boek vir Mel
Boek Mel as
Komediant
“Om by ‘n Mel show te wees is soos om by jou skreeusnaakse vriendin te kuier en al haar stories te luister!” Mel die Storieverteller se komiese vertoning is perfek vir mans en vroue, maar nie geskik vir kinders onder die ouderdom van 14 nie. Om ‘n vertoning te kan boek moet u lokaal van sekere vereistes voldoen.
Boek Mel as
Spreker
Met ‘n oorhoofse vroulike gehoor is Mel perfek vir ‘n damesoggend, Ma-en-dogter tee of ‘n vrouedag. Haar praatjies is verfrissend, bemagtigend, komies en slat raak.
Temas:
S.W.E.M. – Vier maniere hoe jy meer selfversekerd kan optree.
H.O.L. – Kompetisie en jaloesie tussen vrouens – hoe kan ons dit stop?
L.A.G. – Hoe om lag-lag jou lyf te aanvaar en lief te raak vir jou voorkoms.
L.E.E.F. – Self waarde: hoe kan ek ‘n voller lewe leef in hierdie moderne tye.
Boek Mel as
Seremoniemeester
Bekend vir haar oppie-voete-dink en skerp sê-goed is Mel die Storieverteller die perfekte Seremoniemeesteres om bietjie lag by ‘n aangeleentheid te sit. Sy is mede aanbieder van die Aitsa’s 2024, PaarlbergFees 2025 en vele skole byeenkomstighede.
Ongelukkig tree sy nie op as M.C. by troues nie.
Boek Mel as Skrywer
Mel skryf oorspronklike tekse vir skole, toneelgroepe en jong akteurs en aktrises. Kliënte kan kies tussen:
– Monoloog
– Dialoog
– Prosa
– Revue Tekse
– Toneelgroep Tekse
Ongelukkig skryf Mel nie redenaarspraatjies nie.
VIR BESPREKINGS OF NAVRAE:
Coleen Du Toit
061 537 8435 | navrae@meldiestorieverteller.co.za