[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”4.14.5″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”][et_pb_row _builder_version=”4.14.5″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”4.14.5″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”][et_pb_text _builder_version=”4.14.5″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”]
Tyd wag deesdae vir niemand nie en dit kan soms voel of ons 50 kilometer ‘n minuut hardloop – ‘n absolute gejaag na geld, populariteit, vriende, liefde, en aanvaarding.
Daar’s 1 miljoen goed op ons ‘to-do’ lysie en net soveel ure in die dag. Tussendeur moet jy nog asemhaal en toilet toe ook loop. Het jy al gehoor waar iemand sê: “Ek het nie tyd gehad om vandag te eet nie!” Hoe kry mens nie eers tyd om te eet nie?
Ons hoor ook soveel keer die gesegde ‘Stand still and smell the roses’ (of so iets). Maar wie van ons gaan staan actually stil en smell the roses? Wat bedoel dit even? OOK! Wie het deesdae tyd om te stop en na ‘n roos te kyk, wat nog van optel en ruik?
Ek bevind myself soms spring van een projek na die volgende, ek doen 100 goed op ‘n slag terwyl my brein konstant vir my skree – VINNIGER! NOG! MEER! Soms luister ek na die warboel wat my gedagtes is, maar ander kere strip ek my moer behoorlik en gaan sit onder die boom met ‘n bottle sjampanje.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row column_structure=”3_5,2_5″ _builder_version=”4.14.5″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”][et_pb_column type=”3_5″ _builder_version=”4.14.5″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”][et_pb_text _builder_version=”4.14.5″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”]
Terwyl ek die borrels hoor poppe-ty-pop in ‘n nice glas, haal ek diep asem en sê vir myself – WAARMEE IS JY BESIG? WAARNATOE JAAG JY TOG SO? In daai oomblik herfokus ek myself om net weer ‘n beter idee te kry van my huidige toestand.
Dis nodig dat ons soms net STOP! Asem haal en herfokus! Die rotreis stopsit en net weer besef waarmee ons besig is. En of ons besig is met iets waarmee ons rerig wil besig wees.
Na ‘n herfokus sessie, skrap ek onnodige projekte van my to-do lys en herformuleer my tydsverdryf. Dit bring my altyd na die volgende – Nie elke idee hoef ‘n realiteit te word nie. Soms kan my idees maar net die lig sien en dan ‘n stille dood sterf saam ander flou idees. Dit gee my meer tyd om te fokus op idees wat actually iets bydra tot my lewe of die samelewing.
Herfokus vandag sodat jy, rustig, op die regte pad kan vorentoe beweeg sonder om heeltyd afdraaie en ommeswaaie te vang.
Groete,
[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”2_5″ _builder_version=”4.14.5″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”][et_pb_image src=”//cdn.meldiestorieverteller.co.za/wp-content/uploads/2022/01/herfokus.png” title_text=”herfokus” _builder_version=”4.14.5″ _module_preset=”default” custom_margin=”37px||||false|false” global_colors_info=”{}”][/et_pb_image][et_pb_image src=”//cdn.meldiestorieverteller.co.za/wp-content/uploads/2022/01/melanie-du-toit-stories.png” title_text=”melanie-du-toit-stories” _builder_version=”4.14.5″ _module_preset=”default” global_colors_info=”{}”][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]