Mel skryf oorspronklike tekse vir skole, toneelgroepe en jong akteurs en aktrises.
Skryfwerkswinkels word aangebied aan hoërskool leerders wat hul kreatiewe skryfwerk wil bevorder. Perfek vir drama- en taalleerders. Werkswinkels word aangebied in sessies. Elke sessie is 3 ure lank (80 minute klas, 20 minute breuk, 80 minute klas).
Geskrewe titels vir skole:
Groepe kan kies tussen die volgende skryfwerkswinkelsessies:
• Dialoog • Toneelstuk • Monoloog • Kort verhale • Web artikels
Vir meer informasie kontak Coleen op navrae@meldiestorieverteller.co.za
Seremoniemeester
Bekend vir haar oppie-voete-dink en skerp sê-goed is Mel die Storieverteller die perfekte Seremoniemeesteres om bietjie lag by ‘n aangeleentheid te sit – maar ook om dinge in orde te hou en seker te maak alles loop glad sodat jy nie hoef te stres oor wie nou, wanneer, waar moet wees nie.
Sy M.C. graag funksies soos: Mnr. en Mej. skoonheidskompetisies, musiek feeste, vroue dae en prysuitdelings.
Spreker
Mel se praatjies fokus op vroue bemagtiging en hoe om gemaklik te wees in jou eie lyf. Perfek vir ma en dogter oggende, tienerdogter byeenkomste en damesaande. Praatjie duur is tussen 30-40 minute.
Boek een van Mel se tema’s vir 2024
S.W.E.M. – Vier maniere hoe jy meer selfversekerd kan optree
H.O.L. – Kompetisie en jaloesie tussen vrouens – hoe kan ons dit stop?
L.A.G. – Hoe om lag-lag jou lyf te aanvaar en lief te raak vir jou voorkoms
L.E.E.F. – Self waarde: hoe kan ek ‘n voller lewe leef in hierdie moderne tye.