Mel die Storieverteller

Jy kan

Mel

boek as ‘n seremoniemeester of spreker!

Seremoniemeester

Bekend vir haar oppie-voete-dink en skerp sê-goed is Mel die Storieverteller die perfekte Seremoniemeesteres om bietjie lag by ‘n aangeleentheid te sit – maar ook om dinge in orde te hou en seker te maak alles loop glad sodat jy nie hoef te stres oor wie nou, wanneer, waar moet wees nie.

Sy M.C. graag funksies soos: Mnr. en Mej. skoonheidskompetisies, musiek feeste, vroue dae en prysuitdelings.

Spreker

Mel se praatjies fokus op vroue bemagtiging en hoe om gemaklik te wees in jou eie lyf. Perfek vir ma en dogter oggende, tienerdogter byeenkomste en damesaande. Praatjie duur is tussen 30-40 minute.

Boek een van Mel se tema’s vir 2024

S.W.E.M. – Vier maniere hoe jy meer selfversekerd kan optree

H.O.L. – Kompetisie en jaloesie tussen vrouens – hoe kan ons dit stop?

L.A.G. – Hoe om lag-lag jou lyf te aanvaar en lief te raak vir jou voorkoms

L.E.E.F. – Self waarde: hoe kan ek ‘n voller lewe leef in hierdie moderne tye.

Sy leef volgens haar sê-ding: 

Hol. Swem. Lag. Dans. – in jou bikini.”

Inkopiemandjie0
Daar is tans geen produkte in jou mandjie.
Gaan voort met inkopies
0